AMPIE 2017-05-30T11:36:23+00:00

Ampie het op die plaas gebly

hy’t vuur geveg en donkie gery

maar snags as hy in sy buitekamer slaap

het hy drome gedroom en dan vaak geraak . . .

Koor:

Maar vandag hoef jy nie ver te soek

Ampie staan op elke hoek

en elke Ampie het steeds ‘n droom

wat hom verlos van die maalstroom

Dalk sal die lotto op sy nommers val

of ‘n SMS belofte tog uitbetaal

en so sal hy hom los kan koop

en weer kan glo in liefde en hoop.

Ampie woon nou by sy kinders

of in ‘n hok in ‘n agterplaas

Ampie bly ook in ‘n plakkerskamp

of onder die brug waar die karre raas.

Ampie ry ‘n geroeste bakkie

of pendel met taxi en trein

Ampie dra sy gereedskap in ‘n sakkie

sy koerant om sy botteltjie wyn.

En saans sit Ampie langs sy vuur

diep in die kole in en tuur

en Ampie dink aan sy dae op die plaas

verlang na die grond, verlang na sy Baas.

Koor:

Maar môre hoef jy nie ver te soek

môre staan Ampie weer op sy hoek

en môre het Ampie steeds sy droom

wat hom moet verlos van die maalstroom

dalk sal die lotto op my nommers val

of die SMS belofte tog uitbetaal

en so sal ek my los kan koop

en weer kan glo in liefde en hoop.