SAMARIA 2013-07-05T08:07:28+00:00

[ti_audio media=”535″]

Price: $1.00

BACK

Vandag is versoeningsdag en ter viering daarvan het die redaksie dit goed gedink om die klok so bietjie te draai na nog ‘n dag van versoening sowat 2000 jaar gelede.

Die verhaal van die Samaritaanse vrou wat by die put van Sigar haar kruik vol water vir Jesus aanbied, word hieronder uitgebeeld. In daardie tyd was die Jode en Samaritane aartsvyande en sosiale kontak ongehoord. Die versoeningsboodskap is verduidelik. As Jood en Samaritaan toe al saam kon kuier om die put, waarom nie ook alle Suid-Afrikaners nie!

9

Hulle noem my

los van lyf,

nie een man,

maar sommer vyf. (a hum)

‘n Vreemdeling

by die fontein,

dalk maak Hy

my hart weer rein. (a hum)

As jy van

die water drink,

sal jy maar net

weer moet skink. (a hum)  (2 x)

Bridge

Wie is Hy? (2 x)

Koor

“SAmaria,

daar is so baie

wat Hy jou kan leer” (2 x)

Die put is diep

en hier is geen tou,

hier’s my beker

help vir Jou. (a hum)

Al skinder

hul agter my rug,

dra ek die boodskap

dorp toe terug.

Want as U

my dors sou les

vergeet dan maar

die tou en fles. (ja) (2 x)

Bridge (2 x)

Koor

“SAmaria,

Daar is so baie

          Wat Hy jou kan leer” (2 x) ( Joh 4:1-30)

Ja die uur het aangebreek

dat ons doen en nie net preek

om saam te kuier om die put

langs dieselfde vuur te sit

en saam uit een kruik te drink.

SAmaria daar is so baie wat Hy jou kan leer (2 x)

. . . . . . . . . jou kan leer

.