Loading...
About Francois 2017-11-28T08:45:20+00:00

About Francois

Om die vermoë om te skep te ontleed, is ‘n onmoontlike taak.  Maar tog herken ons die gawe.  Die gawe wat Francois het is om vloeiende musiek te skryf en te kombineer met woorde met betekenis.

Die “songs” wat so geskep word, sal in jou ore en gedagtes draal.  Hoe meer jy luister, hoe meer sal jy hoor.  En hoe meer jy hoor,  hoe meer sal jy dink !

Francois se “live shows” word goed ondersteun en sonder uitsondering geniet die skare die vertonings en sy gemaklike verhoogspersoonlikheid.  Die manier hoe hy sonder aanstellerigheid geestelike kwessies en sosiale kommentaar kombineer met saamsing wysies fassineer die skare.  Hy het dan ook reeds ‘n lojale gevolg opgebou.

Om die gawe te erken moet nie met ydelheid verwar word nie.  Juis die teenoor-gestelde.  Francois is van voornemens om in alle nederigheid en dankbaarheid aan sy talent te werk.

VIND MEER UIT OOR DIENSTE