DIE ANDER OEWER 2017-05-30T11:43:16+00:00

En hier staan ons nou

saam aan die ander kant

met ‘n mengelmoes van drome

en met een land as band.

Hier op die ander kant se oewer

sal ons diep spore moet trap

sal ons die regte koers moet kies

en saam die pad moet stap.

Want geslagte uit die verlede

en kinder oë hou ons dop . . .

troetel ons die toekoms

of mors ons dit op.

So kom loop net ‘n paar treë

elk in die ander se skoene

en ryg dan die veters stywer vas

dan sal ons weet wat om te doen.

En kom ons rig ons deurentyd

na die kompas daar Bo

kom ons volg die Suider Kruis

en hou aan om te glo.