Drome 2017-05-30T11:18:42+00:00

Hier staan ek sonder blare,

my voete in oggend dou.

Met tone wat soos wortels

dieper die klei in grou.

Ja, ek is naak

en die wind pluk my rond en bont/heen en weer

Lyk my geen blom of blaar

kan groei uit dorre grond.

       Koor 1:

       Wat maak ek nou?

       Somer, somer kom gou!

       Wat maak ek nou?

       Drome, drome kom gou.

       [die winde waai / seisoene draai   4 X]

My stam en lote buig gedienstig,

my stingels pols soos are.

Die wind sug soos asem

en skielik bot en bloei die blare.

Die blare vou soos arms oop

       en drink die son se strale.

       En skielik is daar meer as hoop.

       Die druppels blink soos krale.

       Koor 2:

       Wat maak ek nou?

       Ek skryf ‘n song vir jou.

       Wat maak ek nou?

       Ek sing die song vir jou.