DROME 2013-11-26T05:38:25+00:00

DROME SKILDERY

      Drome

Die song gaan oor twee aspekte wat, in die geval van ‘n kunstenaar, nou verwant is aan mekaar.

Die een aspek is dat alle kunstenaars van tyd tot tyd ‘n spreekwoordelike droogte beleef en die ander aspek is dat elkeen maar hoop dat sy droom ‘n werklikheid sal word. In die geval van die kunstenaar is die droom dat sy kuns sal leef. Die droë boom wat in die song begin groei en bloei is nie net ‘n beeld van die kunstenaar nie, dit IS die kunstenaar. Dit is waarom die beelde so nou verweef is. In die 2de koor dra die boom vrugte, in hierdie geval ‘n song.

Vers

Hier staan ek sonder blare,

my voete in oggend dou.

Met tone wat soos wortels

dieper die klei in grou.

Ja ek is naak

en die wind pluk my rond en bont,

heen en weer

Lyk my geen blom of blaar

kan groei uit dorre grond.

Koor

Wat maak ek nou?

Somer, somer kom gou!

Wat maak ek nou?

Drome, drome kom gou!

Brug

[die winde waai, seisoene draai x4 ]

Vers

My stam en lote buig gedienstig,

my stingels pols soos are.

Die wind sug soos asem

en skielik bot en bloei die blare.

Die blare vou soos arms oop

en drink die son se strale.

En skielik is daar meer as hoop.

Die druppels blink soos krale.

Koor 2

Wat maak ek nou?

Somer vir jou!

Wat maak ek nou?

Drome vir jou!

Wat maak ek nou?

Ek skryf my lied vir jou

Wat maak ek nou?

Ek sing my lied!

Sms DROME na 38021, slegs R10

itunes_available_button.