Druppel of Dompel 2017-05-30T11:10:19+00:00

Die slang het nie gepraat nie

maar die walvis het gesluk

die Ark had 2 van alles

en Jesus loop langs die skip.

Party sê niks

en ander praat in tale

glo eerder soos ‘n kind

en vergeef tog baie male.

         Brug:

         Doe doe doe

Denominasies verskil

oor die formaat van die doop

druppel of dompe

klein of groot.

Polemiek deur geraaktes

vind jy in elke briewe kolom

gaan Hy of gaan Hy nie

op die wolke kom.

         Brug:

         Toe toe toenou

         nie so gou

         Koor:

         ‘n Ware kind sal luister, vra en dan sien:

         wees lief vir mekaar

         leer om mekaar te dien.

  1. Spesies het ontwikkel

evolusie is bewys daarvan                                                       Volwasse man (oortuigend)

of is dit alles geskape

volgens ‘n meesterplan.

  1. Rubrieke deur geleerdes

kloof met reëlmaat hare                                                        Volwasse vrou (ewewigtig)

is dit ‘n ewigheid

of 6000 jare?

         Brug:                                                                  (2 X)

         Hoe en hoekom

         Hoe klop die som?

         Koor:

  1. Want as die donker ure kom

dan word die hande opgelê

en bid ons tot Hom

en vra wat ons wil hê.

  1. En as die man met die sens en jas

kom klop aan jou deur

is daar nie tyd vir redeneer

dan twyfel niemand meer . . .