JEKYLL AND HYDE 2013-11-26T05:41:59+00:00

JEKYLL & HYDE SKILDERY

[ti_audio media=”1269″]

Die song het sy oorsprong in ons interaksie met die minder bevoorregtes wat ons op straat raakloop. Aan die een kant wil ons graag help, maar aan die ander kant is ons tog so geïrriteerd en sinies.

Ons het hierdie dualiteit wyer geneem en die (seker) universele beeld
van Jekyll & Hyde ingespan om die goed en kwaad wat in elkeen van
ons verstrengel is uit te beeld. En meestal sien ons dit self nie raak nie
en is ons verbaas oor ons ander kant!

Vers

Almal vra raad

en wil met dokter praat

hul vertrou op hom.

‘n Formule wil hy vind

wat goed met kwaad verbind

en sy liggie brand laat.

Koor 1

En groot is my verbasing

al is die spieël vol wasem

oor die beeld wat na my kyk

en slegs een mengeldrankie

na nie lank nie

en Dr Jekyll word Hyde.

Hy sien geen ander se pyn

sy tong flits met venyn

en as jy hand bak hou

draai hy sy rug sommer gou.

B. Sy credo is om nie te worry nie

hy sê vir niemand sorry nie

en as hy jou kan boelie

sal ek nie sleg voel nie.

Koor 1

Vers

Die geheim word ontrafel

op die spreekkamer tafel

terwyl hy siekes genees.

En niemand is nou veilig

en niks is meer heilig

die gevaar is op straat.

 Koor 2

En groot is my verbasing

al is die spieël vol wasem

oor die beeld wat na my kyk

en slegs een mengeldrankie

na nie lank nie

en Dr Jekyll word Hyde.

Koor 2

Koor 1

Sms DR na 38021, slegs R10

itunes_available_button.