KLAAR GEKLA 2013-11-26T05:33:59+00:00

KLAAR GEKLA SKILDERY

[ti_audio media=”1265″]

Op ‘n dag het ons besef dat desondanks al die ontevredenheid (of dalk danksy al die omstredenheid) ons land ‘n wonderlike land is en dat ons doodgewoon moet ophou kla.

Die song kies nie kant vir enige groepering nie en is geskryf om alle Suid-Afrikaners tot versoening aan te spoor. Ons het selfs so ver gegaan om die song in twee style en in twee tydsvlakke op te neem. “Want agter in die tonnel is ‘n lig wat skyn…”

Vers

Boewe kom los, polisieman stres,

om elke hoek en draai is ‘n dwelmnes.

Grond word vir onteiening gemerk,

al soek jy ook, jy kry nie meer werk.

Kabels word gesteel, krag afgetap,

almal maak beloftes net vir die grap.

Zapiro teken prentjies van Zuma rape die law,

Malema sing te lekker, elkeen het sy “flaw”.

MAAR

Koor 1 (X 2)

Ek is klaar

Klaar gekla

Klaar gekla

 oor Suid-Afrika.

Vers

Dis die Waterkloof 4 en Reitz plesier,

en kos raak by die trollie onbekostigbaar duur.

Rentekoerse styg terwyl die rand daal,

almal het ‘n siening, selfs die slimmes faal.

Rassisme is ‘n beul waarop almal wil blaas,

‘n boer is nie meer ‘n boer op sy plaas.

Die koerante het die perd al holrug gery,

maar hulle ry hom nog ‘n keer vir die lekkerkry.

MAAR

.