Lushof 2017-05-30T11:16:30+00:00

Die kronkel paadjie deur my tuin

is netjies geplavei

‘n bietjie langer maar ‘n mooier roete

net vir my.

Die grasperk is my trots

en die plante is gesnoei

en as die onkruid kop uitsteek

word dit gou-gou uitgeroei.

Koor 1:

En toe koop hy vir hom

‘n grassnyer

en hy sny en sny die gras

en loop in bane op en af

en teen die heining vas.

            En hy skuif en skuif

   die spreier

 en draai die tuinslang oop

daars ‘n reënboog in die sproei

solank die water loop . . . (l o o ooop)

            Brug:

            Ja, ons bly in ‘n doodloopstraat

            maar kan niks daaraan doen

            anders dan om tuin te maak

            en met ons lot

            ons te versoen.

Die lapa in die hoek

is waar ons elke Sondag braai

deeglik teen die son beskut

geen windjie wat daar waai.

Ja, my tuin is ‘n lushof

soos buurman ook sal sê

want hy loer oor die heining

as ons langs die swembad lê.

Koor  2:

En toe vat hy weer sy grassnyer

en hy sny en sny die gras

en loop in bane op en af

en teen die heining vas.

En hy skuif en skuif

die spreier

 en draai die tuinslang oop

daars ‘n reënboog in die sproei

solank die water loop . . . (l o o ooop)

Brug:

Khoi visse die swem

in hul diep donker dam

maar dis net vir kyk en mooi lyk

en niemand mag hul vang.

En die koue kaggel in my huis

se blus is lankal uit

hoe meer vuur ek stook

hoe meer rook kom daar uit.

Koor 3:

En toe vat ons weer ons grassnyers

en ons sny en sny die gras

en loop in bane op en af

en teen die heining vas.

En ons skuif en skuif

die spreiers

en draai die tuinslang oop

solank die druppels neersif

is daar tog nog hoop . . .