MANTEL 2017-05-30T11:47:56+00:00

 

Hoe-hoe

Op my dorp se berg staan ‘n kruis

wat simbolies sy gesig af wys

Hoe-hoe

vir wie ookal op sou kyk

en ongeag oor hoe hy lyk.

          Hoe-hoe

Maar as die Noord-Wes wind waai

is dit al of die kruis sy rug draai

en in die wolkmis in verdwyn

en vir niemand meer wil skyn.

          Hoe-hoe

Dan sif die reën oor almal se lande

en is dit asof met sy haaks hande

die kruis sy guns sonder voorbehoud

sonder nering, lering of skakering sprei. . . . . . . .

En geen sterfling twyfel meer

oor hoe wyd sy mantel strek

en dat vir elke dorpsiel hy

tog ‘n plekkie het . . .

Hoe-hoe

Ja, dat hy tog vir elke dorpsiel

‘n plekkie het