OM WEES TE WEES 2013-11-26T13:27:58+00:00

OM WEES TE WEES SKILDERY

[ti_audio media=”1261″]

Om ‘n burger van ‘n land te wees is om soos ‘n kind in ‘n huis te wees. Dit is waar jy moet veilig voel, waar jy jouself moet kan uitleef, waar jy opgevoed en gevoed moet word.

Dit is so omrede daar toe en nou gestry is oor voorregte soos grond en minerale en die stryery is gewoonlik ten koste van ander. Hierdie probleme behoort openlik aangespreek en onderhandel te word, maar dikwels word dit onder die mat gevee en moet ons maar swyg. Die song is “getrigger” toe die Muilband Wet deur die Parlement aanvaar is.

 

 

Vers

Om kombers te kan draai

om die skouers van sy kind

die voorreg van elke Pa

en om te hoor hoe haar kinders klink

die trots van elke Ma.

Om aan tafel te sit

en brood te breek

die reg van elke kind

en elkeen moet in sy eie huis

liefde en warmte vind.

Koor 1

Maar my tong lê stom

in die holte van my mond

en spreek geen

onreg aan . . .

ek is gemuilband

deur my Vaderland

en stil is

my Moedertaal.

Vers

Maar nog steeds sal die erwe

van die Vadere

tot die sterfte van ons kinders lei

en die rykdom van die aarde

‘n diepe twispunt bly.

En om Wees te wees

in jou eie Huis

‘n tragiese verhaal

van vergrype uit die verlede

wat hulself vandag herhaal.

Koor 1

Koor 2

Ja my lippe moet praat

oor woord en daad

maar spreek geen

onreg aan . . .

ek is gemuilband

deur my Vaderland

en stil is

my Moedertaal.  x2

Sms wees na 38021, slegs R10

itunes_available_button.