PASOP 2017-05-30T11:22:16+00:00

Om onder die tafel sake te doen

moet jy maar net voete soen

en die ander om die tafel ken

deur saam te span kan almal wen.

Pasop (fluister)

 Kom ons vat die kans

Die rykes sal nie voel

Pak die skuld op ander

  Sê die swembad is ‘n poel

Kyk so bietjie weg

Ja gooi dit toe met die kombers

Maak of jy nie weet nie

Sê Nkandelaar is ‘n kers

As jy jou gebou wil verhuur

sal ons vir jou ‘n huurder stuur

hoë huur en ‘n lang termyn

verseker mos ons samesyn.

Pasop (fluister)

Koor:

En jy, ja jy, wat die fluitjie wil blaas

vir jou hou ons deeglik dop

en as jy, ja jy, van ons skinder of fluister

vir jou sê ons  . . . Pasop!

 Pasop (fluister)

En sou die koerante of polisie jou vang

wees nie bevrees, wees nie bang

ons sal wel ‘ n plan beraam

in hierdie spel staan ons saam.

Koor:

Alleen wees in ‘n sel maak almal moeg

‘n alternatief is die siekeboeg

of jy kan selfs tuis aansterk

terwyl jy aan jou memoirs werk.