Ek was my Hande Album (FULL)

R100.00

SKU: -1 Category:

Description

Die mens onderskei hom van ander lewendes in sy besondere vermoë om te kommunikeer. Ons beduie beter, ons praat beter, ons sing beter, ons lees, ons maak movies en ja, ons bid.

Ons wil graag deur ons songs kommunikeer. Ons wil nie soseer oortuig nie, maar as ons ‘n emosie of herinnering wakker maak of verwoord dan bereik ons iets. As ons ‘n tema aanspreek en dit laat jou bietjie dieper daaroor dink dan voel ons, ons dra by. En as ‘n song jou hart bly of seer maak, dan het ons mos gesels.