Rubicon Dokumentêre Musical 2017-05-30T12:09:37+00:00

Rubicon

      01-Track-1.mp3

‘n Album  deur Francois Louw en die Once offs

      02-Track-2.mp3

Die Rubicon is ‘n vlak rivier in Noord-Oos Italië.  In die Romeinse tyd het Julius Ceaser se weermag oor dié rivier ‘n buurt provinsie binne geval en so het ‘n Rubicon die betekenis gekry dat daar nou nie meer omdraai kans is nie.  In Suid-Afrika het die Rubicon toes praak van P W Botha in Augustus 1985 die ironiese betekenis gekry van iemand wat juis nie die rivier kan oorsteek nie.  Maar ons is nou oor . . . alea iacta est.

Spoorlyn

Meeste van ons het dit so kom kry

en nie werklik daaroor gedink

die duskant en oorkant, die spoorlyn

of dat die skeiding ander kon krenk.

      03-Track-3.mp3

LIRIEKE

SA Maria

Die kerke het eerste daaroor begin preek

deur die Skrif suiwer uit te lê

doen jy maar net die regte ding

en vergeet wat die ander sê.

LIRIEKE

Druppel of Dompel

En oral verrys vars denkrigtings

wat ou dogmas en gelowe kasty

en predik dat ons almal sondaars is

en ons ons huis in orde moet kry.

LIRIEKE

Rubicon

So het die tyd onverwags aangebreek

om koers en kant te kies

want as die winde van verandering waai

moet jy jou rug op die verlede draai.

LIRIEKE

Lushof

Maar sommiges het hul ingekeer

en hul agter tuin mure verskans

en het hulself wysgemaak

dat jy alleen kan dans.

LIRIEKE

Drome

As jy egter diep sou dink

weet jy seisoene draai

en dat jy in die droom moet deel

en in die son kan baai.

LIRIEKE

Pasop

En so het ‘n nuwe era aangebreek

en ‘n nuwe manier van doen

baantjies vir boeties en kinders

en gunsies as jy voete soen.

LIRIEKE

Om wees te wees

En nuwe wette word gepromulgeer

wat die volk inperk en verdeel

oor ons grond, taal en die media

en hoe jy sport moet speel

LIRIEKE

Soustrein

Maar die reëls geld nie vir almal nie

en op die spoorlyn wat eens sou sny

loop daar nou ‘n soustrein

waarop almal lekker ry.

LIRIEKE

Ampie

Maar rou is my pyn as ek straat af ry

en gebrek sien op elke hoek

en weet die verlede bied geen antwoorde

en dat ons in die toekoms moet soek.

LIRIEKE

Klaar gekla

Ja dat ons ongeag die heg en steg

hande sal moet vat en vashou

‘n pad en ‘n roete sal moet vind

en tonnels en brûe moet bou.

LIRIEKE

Die ander oewer

Want hier op die ander oewer

is die lot nou reeds gewerp

en het ons net een kans

om dinge te maak werk.

LIRIEKE

 

Hier gaan ons bly

Want ek wil, kan en sal nêrens gaan

en daar as banneling bly

hierdie land is myne ook

kosbaar ook vir my.

LIRIEKE


Mantel

Want wyd is die Heer se genade

vir almal wat hier wil bly

en Sy mantel pas vir almal

ook vir jou en my.

LIRIEKE

Wildtuin

En elke soort en ieder en elk

moet nou hul stem laat tel

en sal reg moet kies by die kruis pad

oor die rigting wat ons nou moet vat.

LIRIEKE