SOUSTREIN 2017-05-30T11:31:43+00:00

Die sosiale leer dié moet ons klim

en tricks of trade maak ons slim

die tender kan ons vir jou fix

en gou-gou, jy’s in die mix.

Koerse van vandag kan ons net raai

Pryse wat laag is kan net opswaai

Honesty seldom found

“let’s put it on the expense account”.

Koor:

Dis die soustrein waarop almal ry

hul ry hom vir die lekkerkry.

         (Tjoeka-pakka, tjoeka-pakka, sakke vol geld)

         Stadig oor die klippe

         of hul vang jou in hul strikke

         (Pappa wag vir jou!)

Wie is wie op die JSE

dit net high profile BEE

maar die wesies en die weduwees

moet met Ponzi’s tevrede wees.

Ja die tronke is vol, amestie is cool

Polisie en die howe deur parool gefool

TV in die sel, ‘n sel vir bel

en as ek vinnig uitkom ‘n party vir my pels.