SOUSTREIN 2013-11-26T05:15:16+00:00

SOUSTREIN SKILDERY

[ti_audio media=”1263″ volume=”80″]

Ons lees elke dag van daardie mense wat op een of ander onetiese manier ‘n vinnige geldjie wil maak. Hulle ry die spreekwoordelike Soustrein, maar die vermaning is duidelik, dit kan nie so aangaan!
Die song is in ‘n speelse Kaaps geskryf en die instrumente, veral die baskitaar en dromme boots die geluid van treinry na.

Vers

Die sosiale leer dié moet ons klim

en tricks of trade maak ons slim

die tender kan ons vir jou fix

en gou-gou, jy in die mix.

Koerse van more kan ons net raai

pryse wat laag is kan net opswaai

Honesty seldom found

“Let’s put it on the expense account”.

Koor:

Dis die soustrein waarop almal ry

hul ry hom vir die lekkerkry.

     (Tjoeka-pakka, tjoeka-pakka, sakke vol geld) (3 x)

     Stadig oor die klippe

     of hul vang jou in hul strike

Vers

Wie is wie op die JSE

dit net high profile B.E.E

maar die wesies en die weduwees

moet met Ponzi’s tevrede wees.

Ja die tronke is vol, amestie is cool

Polisie en die howe deur parool gefool

TV in my sel, ‘n sel vir bel

en as ek vinnig uitkom ‘n party vir pels.

Koor: (3 x)

Sms SOUSTREIN na 38021, slegs R10

itunes_available_button.