Spoorlyn 2017-05-30T12:05:37+00:00

Ek kan ver van my stoep af sien . . .

en in my herehuis hier bo teen die bult

is daar geen teken van gebrek

oënskynlik geen skuld

maar verbeel ek my dat die kerkklokke

helder aan die oorkant lui

of is dit net ‘n teken

wat die wind se draai aandui.

Koor 1:

          Want daars ‘n spoorlyn

          wat ons dorp

in twee dele sny

          en dit is nogal belangrik

          aan watter kant jy bly

          want die tyd toe die stoomketel

          die ysterwiele draai

          het die rook en die roet

          meestal Oos gewaai.

Tuinmure span die jaart

van dorpenaars oorkant op die vlak

en meeste moet hulle pennies omdraai

hande diep steek in die sak

maar as die wind Noord-Wes draai

dan ruik jy die reën in die lug

maar soos dinge vanaf duskant lyk

stop die seën daar by die brug.

Koor 1:

Die duur winkels is aan die bo-kant

en die beste skole ook

maar die hospitaal en polisiekantoor

is strategies in die buffer strook

en die dorpsraad waak oor almal,

reg langs die stadion

waar die toeskouers aan weerskante sit

en uit twee windrigtings kom.

Koor 2:

Want daars ‘n spoorlyn wat ons dorp

in twee dele sny

en dit is nogal belangrik

aan watter kant jy bly . . .

Lead

Daar is ‘n lokomotief

wat die pendelaar saam trek

na wie weet waarheen toe

dalk ‘n beter plek.

      03-Track-3.mp3