TATTOO 2013-11-27T14:08:29+00:00

TATTOO SKILDERY

[ti_audio media=”1171″]
Tradisioneel beeld ‘n tattoo die lewensverhaal van ‘n persoon uit. In hierdie song is die tattoo ‘n simbool  van ‘n meisie se verlede.

Die song gaan daaroor dat jy een of ander tyd met jou lewensmaat se verlede gekonfronteer gaan word en dat dit belangrik is hoe jy dit ervaar en hanteer. In hierdie geval het die ou besef dat haar verlede en ervarings juis sy bruid se karakter (plooitjies) gevorm het. So is hulle verhouding deur die simboliese kruis bevry. As die song “sexy” is, is dit “fine”. Dit is hoe verhoudings is.

Vers

In die naglig wat deur die venster val

sien ek jou lyf vir die eerste maal

en toe jou rok sag oor jou heupe skuif

onbloot dit die tattoo op jou lyf

dit was twee kerfstokke in ‘n kruis gebind

vasgewoel met ‘n growwe lint.

Koor 1

Wat is dit

wat jou tattoo vertel?

Was dit hemel vir jou

en is dit my hel?

Wie se stilet

is in die ink gedoop?

Vir wie het jou

bloed geloop?

Vers

In die oggendlig wat deur die gordyne beur

kan ek die plooitjies op jou gesig bestudeer

en toe die laken oor jou heupe skuif

word die tattoo ‘n skildery op jou lyf

In die holte van jou lae rug

word die kruis nou ‘n voël in vlug.

Koor 1

Koor 2

Die storie wat

jou tattoo vertel

is bloot ‘n tafereel

op ‘n naakte vel

dit is net nog ‘n haal

van die skilder se kwas

dit is wie jy nou is

en nie wie jy was.

Sms TATTOO na 38021, slegs R10

itunes_available_button.