WILDTUIN 2017-05-30T11:50:25+00:00

 

Diere maal om watergat.

Ja, alles is in rep-en-roer.

“Wat my betref,” sê Buffel,

is die Wildtuin in sy

Leeu kondig aan:

“Ons sal verkiesing moet hou,

die probleme by die horings pak

en nuwe strukture moet bou.”

“Elke stem tel”

 

Koor:

Want die drade hang slap

en die hekke is oop

en wildvreemde diere

kan daardeur loop.

“Elke stem tel”

Zebra sê: “Ek is vry gebore

en ek stem nie met my vel.

Nie swart of wit

maar tussen my ore, dis wat tel.

Maar as ek en my vulletjies

in hierdie Wildtuin wil bly,

sal ons beslis

die regte leier moet kry.

“Elke stem tel”

Koor:

Maar die wildehonde jaag

die wildebeeste aan

(as jy op roofdier vertrou

weet jy beslis nie wat gaan aan)

En die spoortjies maak ‘n voetpad

wat jou wie weet waarheen lei.

Draf maar agter die trop aan,

en wei waar ander wei.

“Elke stem tel”

Hoog bo die dorre land

sirkel aasvoëls in die lug.

Ja, in tye soos hierdie

kom hulle graag terug

om met jakkals en hiëna

‘n karkas te deel.

Self knuppeldik gevreet,

kan honger hul min skeel.

“Elke stem tel”